Biografie van kaaps viooltje

Nog geen profiel opgegeven.
2011
  • Nr.
    Titel
    Tekst
  • 1
    801

    groot druppels

    Top 100
    groot druppels

    groot druppels spat
    en tik teen my ruite
    hulle kom van binne
    en nie van buite

    'n koue wind suist
    ruisend in my ore
    hy waai uit my hart
    reg my skedel in

    die schrale weer is
    'n miezerig venster
    waarin ek my spieël

    my kind doolt
    verlore in mis
    weg van die geluk
  • 2
    804

    die dienaar

    Top 100
    die dienaar

    ek het die taal gespreek van die oorwinnaars
    die base die predikers en die onderwysers

    ek het geprijkt op groot borde in die stad
    en my verskuil in die klein letters van die wet

    ek het berug geword en is aangekla weens één woord
    dat die samelewing in twee ongeijke dele splijt

    niemand wou my nog ken verstaan ​​of praat
    ek is gesien as die brenger van die kwaad

    ek is verban na achterkamertje en taalkundig woordeboek
    die dienaar werd gestraf vir die dade van sy meester

    ek verdroogde tot 'n besienswaardigheid
    en 'n aandoenlijk dialek vir stukkende siele